'n Legende is 'n verhaal van menslike aksies wat in die verteller sowel as luisteraars se oë binne die menslike geskiedenis plaasgevind het en menslike waardes illustreer. Dit bevat sekere kwaliteite wat 'n skynwaarheid aan die verhaal verleen. Legendes sluit geen gebeure in wat buite die sfeer van "moontlikheid" bestaan nie, maar kan wonderwerke insluit. Legendes kan met verloop van tyd gewysig word ten einde hulle vars, lewendig en realisties te hou. Baie legendes speel in 'n sfeer van onsekerheid af. Die gevolg is dat hulle nooit sonder meer geglo word nie, maar ook nooit summier afgemaak word nie.[1]
Die Broers Grimm het legende as 'n volksverhaal omskryf wat histories gegrond is.[2] 'n Moderne volkskundige se professionele definisie van legende is in 1990 deur Timothy R. Tangherlini voorgestel:[3]
'n Legende is gewoonlik 'n kort (mono-) episodiese, tradisionele, hoogs ge-ekotipeerde[4] gemaak-historiese narratief wat op gesprekstrant oorgedra word. Op sielkundige vlak weerspieël dit 'n simboliese weergawe van volksgelowe en kollektiewe ervarings, en dit dien as 'n herbevestiging van algemeen aanvaarde waardes van die groep tot wie se tradisie dit behoort."
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)